Woeker in Afrikaans

Ons hier by die DSP is trots Afrikaans en het vanjaar soos oudergewoonte in die ATKV se Afrikaanse Olimpiade uitgeblink. Die ATKV vier vanjaar hul 35ste jaar as gasheer van hierdie uitdagende Olimpliade.

 

Die Afrikaanse Olimpiade is daarop gemik om leerders se leesbegrip- en taalvermoëns in Afrikaans te toets. Vanjaar moes die leerders 133 vrae beantwoord en is waarlik uitgedaag om hul staal te wys. Hannelore Ahrens (10a) en Joshua Mckenzie (12c) is met ’n goue sertifikaat vereer en het 80 – 100% in die Olimpiade behaal, terwyl Roniqe Kotze (12e) en Robyn May (11e) ’n silwer sertifikaat vir ’n gemiddeld tussen 70 – 79% verwerf het.

 

Baie geluk aan hierdie leerders!